Die Empty Highway in Heideveld

Wanneer ‘n mens sukkel om woorde te kry, dan help dit om ander s’n te gebruik. Dankie aan Joan Armatrading vir Empty Highway (http://youtu.be/rovy3x-qu2Q – as jy wil gaan luister) …dalk nie heeltmal haar bedoeling met die song gewees nie, maar ek leen van die strofes om jou te vertel van Aafreen en van Rana en van skuldgevoelens wat net nie wil weggaan nie…

(ek het al eenmaal oor hulle twee geskryf in die storie: Die mistress…)

As ek aan Rana dink, dan sien ek haar leë oë, haar swanger magie en wange wat lank gelede al ingeval het van té veel stres en té veel drugs. Sy het selde gesmile. Sy was net daar. ‘n Asem. ‘n Vlak asem wat op ‘n baie jong ouderdom stil geword het. Blykbaar het sy in ‘n baie goeie huis opgegroei, ‘n goeie opvoeding gehad, maar die familie meng nie met ons in Badsberg Close nie. Ook nie in Buffelshoekweg waar Rana in Gavin se huis geplak het nie (niemand betaal mos rent en lig en water nie). Ja,Rana was ‘on a road to nowhere…’

Watch the rain gently fall
Like the tears running down my face
Watch the rain gently fall
Like the tears running down my face
Sometimes, it feels like the sky is violent
Sometimes, it feels like nobody cares
Sometimes, it feels like I’m on an empty highway
And I’m on a road to nowhere
Yeah, I’m on a road to nowhere

Ons het eers vir Aafreen ontmoet. Mens kan haar net nie miskyk nie. ‘n Amazing kind, met ‘n groot persoonlikheid. Sy wou altyd alles weet en wanneer mens met haar praat oor seksuele misbruik en hoe mense aan haar mag en nie mag vat nie, het sy altyd gesê:”If they touch me there (dan het sy na haar private dele gewys), I will kill them.” Shamepies, sy het darem iets van ons boodskap by die Valuable to Jesus Club verstaan. Sy was altyd vroegoggend by ons huisie in Badsberg Close met haar pajamas en kamerjassie. Sy was ‘n huiskind in ons huis en in baie ander huise. Sy was ’ons’ kind. Ons almal s’n. Haar ma was amper iets soos ‘n optional extra.

Even in my dreams
Vivid colours turn to a grey scale
Even in my dreams
Vivid colours turn to a grey scale

Dalk het Rana nog drome gehad vir haar lewe. Ek weet nie. Dalk het sy ook maar net probeer survive. Al wat ek gesien het is dat sy al hoe maerder en maerder geword het. Die hele buurt het my daarop gewys. Almal was bekommerd, maar niemand het iets gedoen nie. Die anties in die omgewing het ingespring en vir Aafreen gebad, want haar mamma was te swak om dit te doen. Aafreen het oral waar sy gekom het geëet. Ons het goed na haar gekyk. Maar ons het van haar ma vergeet. Ons het gesien, maar ook nie gesien nie. Tot op ‘n dag…

And I turn to you and I ask
How can I make things better?
And you say, it’s gone, it’s gone, it’s gone, it’s over
And I stand outside in just my underwear and I watch the gentle rain fall
Watch the gentle rain fallin’ down, yeah
Watch the gentle rain fall down

Dalk het ek gevra hoe ons dinge kan beter maak… heel moontlik was dit al té laat. Ek onthou dit soos gister. Ons het gesels, ek het Rana gesmeek om hospitaal toe te gaan. Daar was ander sterftes ook in ons omgewing. Jason is doodgeskiet deur die Junky Funky Kids bende, Antie Fleur is dood en ons almal was moeg tot op die been van al die verlies. Ons harte was rou, ons lywe moeg. Rana wou nie hospitaal toe gaan nie. Ek het net weggeloop. Ek het haar net so daar gelos. ‘n Vlak asem was al wat oor was van haar. Ek het na Lavina toe gegaan (ons huismamma en engel in Badsberg Close) en vir haar gese dat sy weer later by Rana moet gaan inloer. Ek het ‘n slegte gevoel gehad (het die oumense dit ‘n voorbode genoem?). Ek het Aafreen se klere gevat om te gaan was by die huis. Ek het in my kar geklim en weggery van al die trane, van al die dood, al die chaos.

By die huis het ek Aafreen se kleertjies op die vloer uitgegooi. Die pantietjies was so stukkend. Die klere so vuil en verwaarloos. Daar het ek gehuil oor die toestand van haar klere en die stukkies klere van haar ma wat per ongeluk saamgekom het. Daar op die hoop wasgoed het ek gehuil oor Jason en sy kind Raymondo wat vir my kom sê het: “Antie Lisa, my pa is dood.” Ek het saam met Christell gehuil wat kom sê het: “Lisa, Jason is dood. Ek is ‘n weduwee.” En al wat ek voor my kon sien, was Jason met sy overall en hard cap skoene wat vir my vertel van sy kort lontjie, sy probleme met anger management en sy sadness oor die lewe wat nie is wat hy gedink het dit sal wees nie. Hy het my vertel van sy pa, van sy kinderjare en hy het so weerloos gelyk. Anyway, hy is dood. ‘n Week of wat daarna kry ek nog ‘n oproep. Jason se ma, antie Fleur is dood. Dank die vader dat ek voor haar dood darem saam met haar kon bid. By haar kon wees. En toe Rana…

Lavina het soos ek gevra daardie aand by Rana gaan besoek afle. Lavina het gesien dat sy dringend by die hospitaal moes uitkom. Sy het iemad met ‘n kar gereël om haar te neem teen R 120 (heen en weer). A small price to pay, as iemand op haar einde is. Afreen het vir die aand by Lavina gaan bly.

En ek was alleen by die huis met die wasgoed…dis hoe dit alles gebeur het.

Die volgende oggend kry ek die derde vroegoggend oproep in drie weke van Lavina, en ek weet – Rana is dood.

Rana se drome…

Even in my dreams
Vivid colours turn to a grey scale

…het swart geword.

Ons s’n ook vir ‘n tyd. Aafraan is weggeneem van ons deur familie wat ons nie geken het nie, familie wat ons nie wou ken nie. Sien, ons bly in Badsberg Close…ons is drêk. Ons is niks. Ons het by die huis van die familie aangekom om ons laaste eer te betoon en voor ons kon ingaan is daar vir ons gevra ‘to state our business’. Ons harte was seer, ons het nie besigheid nie. Ons was haar vriende. Haar enigste vriende wat haar ook gefaal het.

… it’s gone, it’s gone, it’s gone, it’s over

And I stand outside in just my underwear and I watch the gentle rain fall.

En die volgende dag was ons terug in Badsberg Close. En elke week daarna tot vandag. It’s my habit and my fate. Our habit and fate. Mag God met ons wees.